Dae tot KragDag 0
8, 9 & 10 Augustus 2019 (9:00 - 16:00)

Privaatheidsbeleid

  1. KragDag sal alle redelike stappe neem om jou persoonlike inligting te beskerm.
  2. Jy kan ook kies om geen kommunikasie van KragDag en/of vennote of filiaalmaatskappye te ontvang nie.
  3. Geen persoonlike inligting sal, met uitsluiting van TLU SA wat KragDAg se vennoot in die landbou ekspo is, aan derde partye geopenbaar word sonder jou toestemming of ‘n behoorlike proses nie.
  4. KragDag samel die volgende private en persoonlike inligting in:
    1. Inligting wat vrywillig deur jou verskaf word – hierdie inligting word gebruik om beter dienslewering te verskaf
    2. Inligting wat outomaties verskaf word (bv. cookies) – hierdie inligting word ingesamel om jou soektogte op en interaksie met KragDag se webwerf te verbeter. “Cookies” kan nie jou rekenaar beskadig of virusse oordra nie.
  5. Deur vir die KragDag ekspo te registreer of die KragDag webwerf te gebruik, stem jy tot die volgende in:
    1. KragDag mag jou persoonlike inligting gebruik om van tyd tot tyd met jou te kommunikeer. Jy kan aandui indien jy nie meer sodanige kommunikasie wil ontvang nie; en
    2. KragDag mag jou inligting vir nie-persoonlike statistiese doeleindes gebruik.