Die pryse van al ses opsies hieronder is vir of die volledige duur van die ekspo (dus vir die vier aande van 6 tot 10
Augustus 2025) of vir 2 aande (dus vir twee aande van 8 tot 10 Augustus 2025). Kampeerders kan op Woensdag 6 Augustus of op Vrydag 8 Augustus inboek en kan tot Sondag 10 Augustus uitkamp.
Voertuig(e) moet binne standplaasgrense inpas.
Water is op die terrein beskikbaar, maar kan tot 100m van die standplaas wees.
Warmwater stort- en toiletgeriewe is beskikbaar.
Daar is veiligheidswagte op die terrein, maar moenie waardevolle items in tente laat nie.
Kampeerders is welkom om van die hout in die Swart Wattelbos vir kampvuur of braaivleisvuur te gebruik, onderhewig aan
veiligheidsvoorsorg. Bring eie saag saam. (Geen regopstaande bome mag afgesaag word nie.)
Vir navrae skakel met die KragDag kantoor by 087 231 1644.
Kampeer standplaas sonder elektrisiteit
Opsie 1: Vir ekspo-duur - 6-10 Augustus (4 nagte) - R1 000
Opsie 2: Naweekuitspan - 8-10 Augustus (2 nagte) - R750
Grootte van kampeerstandplaas: 10m x 8m (sien voorstelling hier langsaan)
Maksimum een woonwa plus tent of twee tente per standplaas.
Sonder elektrisiteit.
Kampeer standplaas met elektrisiteit
Opsie 3: Vir ekspo-duur - 6-10 Augustus (4 nagte) - R1 400
Opsie 4: Naweekuitspan - 8-10 Augustus (2 nagte) - R1 050
Grootte van kampeerstandplaas: 10m x 8m (sien voorstelling hier langsaan)
Maksimum een woonwa plus tent of twee tente per standplaas.
Met elektrisiteit.
Wat om saam te bring:
Eie 20m verlengkoord en multiprop.
Ingerigte tent met elektrisiteit Slaap 2 (vir elke opsie hieronder)
Opsie 5: Vir ekspo-duur - 6-10 Augustus (4 nagte) - R2 250
Opsie 6: Naweekuitspan - 8-10 Augustus (2 nagte) - R1 250
Grootte van kampeerstandplaas: 5m x 8m (sien voorstelling hier langsaan)