Roete Aanwysings & Verkeersreëlings
GPS koördinate: Suid: 25º 48’ 58.66" Oos: 28º 31’ 35.97"
Vanaf Pretoria
Neem die N4 oos (rigting Witbank). Draai regs oor die snelweg by die Cullinan/Rayton/ Kemptonpark afrit (tolhek). Na ongeveer 3km draai links in by die Diamantvallei bord op `n grondpad en volg die groen Diamantvallei borde.
of
Neem Lynnwood in 'n oostelike rigting. Draai links op die Boschkoppad. Ry tot by `n T-aansluiting en draai daar links. Volg die pad na Rayton vir ongeveer 5km. Net verby die Donkerhoek pad op linkarhand, draai regs in op `n grondpad na Diamantvallei en volg die groen Diamantvallei-borde.
Vanaf Johannesburg
Neem die N1 noord na Pretoria. Draai regs op die N4 oos, rigting Witbank. Gaan voort soos beskryf vanaf Pretoria.
of
Neem die R21 noord (Kempton Park na Pretoria). Neem die Bapsfontein/Bronkhorstspruit afrit en ry in die rigting van Bapsfontein en Bronkhorstspruit. Draai regs by die T-aansluiting. In Bapsfontein, draai links by die vierrigtingstop-kruising rigting Bronkhorstspruit. Draai links nà die brug oor die treinspoor, rigting Cullinan(ongeveer 10km). Net verby die Donkerhoek pad op linkarhand, draai regs in op `n grondpad na Diamantvallei en volg die groen Diamantvallei-borde.
Vanaf Witbank
Neem die N4 wes, rigting Pretoria. Neem die eerste afrit na groot tolhek (Cullinan, Rayton, Kemptonpark). Draai links in die rigting van Bapsfontein. Na ongeveer 2km draai links in by die Diamantvallei bord op `n grondpad en volg die groen Diamantvallei borde.
Verkeersreëlings & Parkering vir die KragDag Ekspo
Verkeersreëls
Daar word hierdie jaar voorsiening gemaak vir twee ingange na die terrein. Die een is 'n twee baan pad en die ander een is 'n een baan.
Parkering
Die ry naaste aan die ekspo terrein is vir die gestremdes.
Die volgende vier rye is parkering vir die uitstallers.
Die res van die parkering is vir die besoekers.