Sakeliga KragDag Wes-Kaap
21, 22 & 23 Maart 2024
9:00 - 16:00
Nog 0 dae
Sakeliga KragDag Sentraal
7, 8 & 9 Augustus 2025
8:00 - 17:00
Nog 0 dae

Vliegtuig- en Helikopter Landingstroke

Vliegtuig landingstrook

Die Rhino Park vliegveld is 2km vanaf die KragDag ekspo-terrein en gaste wat invlieg tydens die ekspo kan die ekspo besoek met KragDag se pendeldiens.
Ligging en vliegveld besonderhede:

  • Koördinate: 25⁰ 49' 59.80"S - 28⁰ 32' 27.09"O
  • Hoogte: 4780ft AMSL / 1452m bo seespieël
  • Landingstrook lengtes: 800m teerbaan (09 / 27); 800m gruisbaan (11 / 29)
  • Frekwensie: 135.6Mhz

Prosedures:
  • Die vliegveld is ‘n onbemande vliegveld en die standaard prosedure vir onbemande vliegvelde moet gevolg word.
  • Sluit oorhoof aan op 6 500ft.
  • Moenie die RC-vliegveld na die noorde van 27-drumpel oorvlieg nie.
  • Alle stroombane weg van vliegtuigloodse, bome en vierwielmotorfiets-area. (27 is 'n LH baan, 09 is 'n RH baan)
  • “Taxi” via aanloopbaan 03 na parkeerarea op gras, of naby groot boom op LHS by Rhino Park Flight School klubhuis.
  • Gebruik die gruisbaan wanneer die teerbaan te besig is.

Neem kennis:
  • Die lugruim direk bo die ekspo se uitstalterrein is verbode vir lugverkeer.
  • Helikopter pretritte word vir die duur van die ekspo deur Powered Flight vanaf die helikopter landingstrook op die ekspo-perseel onderneem.
  • Tydens die KragDag ekspo bied PilotInsure ‘n lugvaartdag aan by die Rhino Park vliegveld.

Pendeldiens:
  • Soos die kraai vlieg is die landingstrook 2km vanaf die KragDag ekspo-terrein.
  • Padlangs is die landingstrook 4,5 km vanaf die KragDag ekspo-terrein.
  • ‘n Pendeldiens is beskikbaar vanaf die vliegveld (en ander areas) – skakel met Chris van der Merwe van Jua by 084 745 8535.
  • Die pendeldiens tussen die vliegveld en die KragDag ekspo is gratis, maar 'n vrywillige dankbaarheidsfooi vir die Jua bestuurder sal waardeer word.

Helikopter landingstrook

‘n Helikoper landingstook is gerieflik op die ekspo-perseel, vir die duur van die ekspo, beskikbaar.
Ligging en vliegveld besonderhede:

  • Koördinate: 25⁰ 49' 05.20"S - 28⁰ 31' 24.85"OO
  • Hoogte: 4908ft AMSL / 1496m bo seespieël
  • Landingstrook grootte: 130m x 70m

Prosedures:
  • Vir reelings en navrae skakel met Maarten van der Walt van Steathnet by 073 040 7025 of met die KragDag kantoor.

Neem kennis:
  • Die lugruim direk bo die ekspo se uitstalterrein is verbode vir lugverkeer.
  • Helikopter pretritte word vir die duur van die ekspo deur Powered Flight vanaf die helikopter landingstrook op die ekspo-perseel onderneem. Ritte kos R450 per persoon.
  • Wees op die uitkyk vir die tranmissiepale (8m hoog) op die ekspo terrein en parkeerterrein.
  • Let wel: Gebruik van die landingstrook geskied op eie risiko en die bestuur van KragDag of die eienaars van Diamantvalllei sal nie aanspreeklik gehou word vir enige skade, besering of lewensverlies as gevolg van die gebruik die landingstrook nie.

Stapafstand:
  • Die landingstrook is 150m vanaf die ekspo besoekeringang.