Sakeliga KragDag Wes-Kaap
21, 22 & 23 Maart 2024
9:00 - 16:00
Nog 0 dae
Sakeliga KragDag Sentraal
7, 8 & 9 Augustus 2025
8:00 - 17:00
Nog 0 dae
  • Hier word jy vry! Word toegerus om selfstandig te leef.

  • Hier maak ons planne. Met 100 uitstallers by KragDag Wes-Kaap 2023. Met 600 uitstallers en meer as 30 gratis aanbiedings by KragDag Sentraal 2023.

  • Die grootste Afrikaanse hernubare energie en selfstandigheids-ekspo in die wêreld. 5 000 het feestelik deelgeneem aan KragDag Wes-Kaap 2023 en 36 000 aan KragDag Sentraal 2023.


KragDag Wes-Kaap en Sentraal (wat jaarliks aangebied word) is die hoogtepunte op die KragDag-kalender en bied ’n uitstalkas vir energie- en ander selfstandigheidsoplossings.


"Doen Jou Eie Ding!"

Met hierdie leuse fokus KragDag op 'n vryword-lewe deur volhoubare en selfstandigheidsoplossings (en selfs Doen-dit-self planne), wat jou terselfdertyd minder uitgelewer aan en afhanklik van ’n staatsbepaalde lewe maak. Hierin speel dinge soos hernubare en alternatiewe energie ʼn sentrale rol, maar daar word ook voorsiening gemaak vir ander aspekte wat ʼn lewe van selfbehoud en self beskik moontlik maak. By KragDag vind jy oplossings vir die uitdagings van energie, water, veiligheid, gesondheid, voedselproduksie, opvoedkunde, vervoer en konstruksie en word ’n maker- en kreatiewe entrepreneuriese lewensingesteldheid aangemoedig. KragDag doen dit deur die jaarlikse buitelug ekspo, radiorubrieke, kursusse, bekendstelling van produkte en toepaslike ondernemings en beskikbaarstelling van inligting met opvoedkundige, tegniese en interessantheidswaarde in ons nuusbriewe en seminare. KragDag verskaf ook ʼn platform waardeur ondernemers, die publiek en innoverende idees by mekaar uitgebring word.


Die KragDag ekspo's

Die jaarlikse KragDag ekspo's bied ‘n inspirerende leersame dag in ‘n karnaval atmosfeer. Alhoewel daar ‘n groot hoeveelheid genot en vermaak by die ekspo's te beleef is, is hierdie geleentheid uniek daarin dat jy hier nie ‘n vermaaklikheidtoeskouer is nie, maar ‘n deelnemer in interaksie met dinge wat ‘n verskil in jou lewe kan maak. Die effek van die vrywees filosofie wat integraal deel is van KragDag en die uitstallings wat hiermee handel, kan ‘n groot impak op jou lewe maak.

'n Terugblik op Sakeliga KragDag Wes-Kaap 2023

'n Terugblik op Sakeliga KragDag Sentraal 2023

Die KragDag ekspo's sluit uitstallings in oor dinge soos die volgende:

Sonkragoplossings, wateropvangs en -suiwering, 3D drukkers, gewere, messe, verskeie nasionale en plaaslike organisasies, insektebeheer, voedselproduksie (ingesluit akwaponika en hidroponiese stelsels), elektriese motorkarre, internet-oplossings, kooktoerusting, geotermiese energie, boorgate, pompe, opvoedkundige speelgoed en hulpmiddels, kuns, isolasiemateriaal, verfoplossings, plaastoerusting, veiligheidsalarms, -kamera’s en oplossings, batterye, buitelug- en kamptoerusting, rioolverwerking, braaiers, kragtoerusting, boeke, 4x4 sleepwaens, gastoerusting, LED ligte, weefsel ingenieurswese, masjienbouers, oprigters van maste en staalstrukture, klamptoerusting, taktiese uitrusting, kreatiewe staalwerk, byeboerdery, droë ys oplossings, elektriese motorfietse, elektriese gereedskap, elektriese ware, aard-sel tegnologie, houtkloof toerusting, houtkerwers, leerprodukte, songeisers, energiebesparende produkte, windkrag, skoonmaak en herwinning, hidroponiese groenvoer, vuurveg- en brandtoerusting, bergingshouers, sleepwaens, vervaardiging, nutsgoed, slim elektriese- en watermeters, nutsvoertuie, boog- en jagtoerusting, kragopwekkers, waterontsouting, robotika, kortkursusse, konstruksie, tonnels en kweekhuise, beveiliging teen diefstal van sonkragtoerusting, isolasie, huishoudelike doen-dit-self produkte, plasmasnyers, sweismasjiene, brood-oonde en mini-rookers, erfenis saad, kombuistoerusting, gesondheidsprodukte, fokusvrye vêrkykers, reservoirs en tenks, kettingsae en bossiekappers, outonome grassnyers, nagsig, hommeltuie, veebeveiliging, swembadtoerusting, krokodilboerdery, soldeeroplossings, grasnyertrekkers, pesbeheer, plaatmetaal toerusting, sonkrag motors, meubels van bande en herwinde materiaal en verhittingspype.

Gratis seminare en lesings

Tydens die ekspo is daar in die KragDag Ateljee ook talle gratis lesings en paneelbesprekings deur bekendes en hoë profiel kenners (20 sprekers oor die drie dae). In die Landbou sub-ekspo terrein vind 'n verskeindenheid aktiwiteite oor 'n wye verskeidenheid boerdery-aangeleenthede plaas.

Arena program

Aktiwiteite in die arena sluit vertonings met perde en berede oorlogvoering, vee-ras tentoonstellings en hommeltuigdemonstrasies in.